Stiaan van Huyssteen lei die pak met die 1500m
Foto’s verslaf deur: Charmain Sanders.
Met die jaarlikse Prestige byeenkoms wat op 12 Februarie by die Dal Josafat Stadium in die Paarl plaasvind het die atlete van Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, hulle die afgelope paar weke geslyp vir die strawwe kompetisie wat vir hulle wag. Paul Roos Gimnasium sal saam met die die Hoër Meisieskool Bloemhof die span Bloemroos vorm. Bloemroos sal teen die spanne van Paarl Gimnasium meeding asook die Hoër Jongenskool wat kombineer met die Hoër Meisieskool Paarl.
PRG het die afgelope paar weke aan ‘n verskeidenheid van byeenkomste deelgeneem as deel van die voorbereiding waaronder die HJS-Top Seunskole byeenkoms, die HJS-Uitnodigingsbyeenkoms asook die Rondebosch Boys’ High byeenkoms wat op Groenpunt Stadion aangebied is. Atlete is dus die geleentheid gebied om hul spoed, vaardighede en krag te toets en te verbeter tydens die byeenkomste.