)

Hoërskool Cradock vaar goed by Distrikte Atletiekbyeenkoms

Op Saterdag 10 Februarie 2018 het 41 van Hoërskool Cradock se atlete deelgeneem aan die Distrikte Atletiekbyeenkoms.  Hierdie byeenkoms is hierdie jaar aangebied deur die Hoër Landbouskool Marlow by die Cradock Sportkompleks.

CHS se atlete het oudergewoonte baie goeie vertonings gelewer en hulself bewys as waardige opponente. ‘n Paar prestasies wat uitgestaan het sluit in:

Litha Hermanus (foto heel bo) wat in die eerste posisie geëindig het in al vier haar items: D.O/15 100m (13.24sek), 200m (27.80sek), 400m (1:04.22) en 90mH (16.16 sek).  Zanelle Weitz verower drie eerste plekke: D. O/19 Gewigstoot (8.00m), Diskus (26.46) en Spiesgooi (23.57m) met Lenay Booysen  D.O/16 200m (28.97 sek), 400m (1:04.48), Marike Dannhauser D.o/19 200m (27.49 sek), 400m (1:02.86) en Ian Rieck (foto onder) S. O/16 400m (54.60 sek), 800m (2:11.23) wat elk twee eerste plekke losgehardloop het.  Goeie vertonings word ook gelewer deur Franco Colarossi (Gewigstoot), Janade Bouwer (Spiesgooi), Zaanri Hay (Gewigstoot) asook Marico Isaacs, Sherwin Mayeki en Jac-Mari Saptoe wat elkeen pragtige tye hardloop in beide die 100m sowel as die 200m items.  Beaulane van Jaarsveld stel ‘n nuwe skoolrekord op in die D. O/17 gewigstoot deur die vorige rekord van 11.01m na 11.72m te verbeter.

CHS vaar goed by Distrikte Atletiek -I.RieckBaie geluk aan al die atlete met jul goeie prestasies. Dankie ook aan HLM vir die puik organisering van hierdie byeenkoms.  Cradock se atlete sal tydens die Chris Hani Byeenkoms op Saterdag 24 Februarie 2018 weer die geleentheid kry om hulself teen die bestes in die streek te meet.  Baie sterkte met al die voorbereiding Kwaggas, ons het volle vertroue in julle!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal