Die 0/15 krieketspan van Cradock Hoërskool, het op 15 Februarie 2018 met Union High kragte gemeet te Graaff-Reinet. Union besluit om eerste te kolf en teken 91/6 aan in hul toegelate 20 boulbeurte.
CHS se beste boulers:
Denzel Meyers 4 Beurte 0 Paaltjies vir 12 lopies
Patrick Lord 4 Beurte 0 Paaltjies vir 10 lopies
Sibulele Poyo 4 Beurte 3 Paaltjies vir 23 lopies
Musa Green boul weereens uitstekend en neem 2 paaltjies vir 11 lopies in 4 beurte.Hy is ‘n baie talentvolle spinner wie se vordering ons mooi dophou.
CHS het gaan kolf en van die begin af kon almal sien dat die wedstryd naby gaan eindig.
Niël Slabbert kolf weereens uitstekend en teken ‘n onoorwonne 31 lopies aan. Hy is goed bygestaan deur Musa Green wat 16 lopies aanteken.Goeie boulwerk deur Union High beperk CHS tot 81/3 in ons toegelate 20 boulbeurte.’n Baie opwindende wedstryd wat CHS ongelukkig met 10 lopies verloor.