Op Dinsdag 13 Februarie 2018 het die nuwe graad 8-leerders van Hoërskool Cradock deelgeneem aan nog ‘n langstaande tradisie wat by CHS beoefen word.
Na afloop van hul oriëntasie en inburgering tot hoërskoollewe, het die graad 8’s hul dastoetse afgelê. Hierdie toetse handel oor die skool, ons geskiedenis, aktiwiteite, personeel, sowel as algemene inligting wat elke nuwe leerder moet weet. Leerders wat hierdie toetse slaag, ontvang dan tydens ‘n saalbyeenkoms hulle skooldasse. Die dastoets en –parade is ‘n tradisie wat reeds talle jare deur die graad 8-leerders van CHS beoefen word.
Hoewel die toetse te moeilik geblyk het vir sommige leerders was die algemene uitslag en ingesteldheid van die groep veblydend om te sien. Baie geluk aan die top 5 leerders wat die beste presteer het in hul dastoetse: Lehanie Marais, Corina Erasmus, Jan-Hendrk Bezuidenhout, Nicola Koegelenberg en Jané de Klerk.
Diegene wat nie in hul eerste pogings geslaag het nie, sal op ‘n latere stadium die geleentheid kry om ‘n verdere toets af te lê.
Op die foto bo: Die 2018 hoofleiers van CHS staan saam met die top 5 leerders wat die beste presteer het in die graad 8-dastoetse.
V.l.n.r.: Shané de Waal (hoofdogter), Lehanie Marais, Corina Erasmus, Jan-Hendrik Bezuidenhout, Nicola Koegelenberg, Jané de Klerk, Chuma Dilima (hoofseun)