)

Hoërskool Cradock beoefen ou tradisie

Op Dinsdag 13 Februarie 2018 het die nuwe graad 8-leerders van Hoërskool Cradock deelgeneem aan nog ‘n langstaande tradisie wat by CHS beoefen word.

Na afloop van hul oriëntasie en inburgering tot hoërskoollewe, het die graad 8’s hul dastoetse afgelê.  Hierdie toetse handel oor die skool, ons geskiedenis, aktiwiteite, personeel, sowel as algemene inligting wat elke nuwe leerder moet weet.  Leerders wat hierdie toetse slaag, ontvang dan tydens ‘n saalbyeenkoms hulle skooldasse.  Die dastoets en –parade is ‘n tradisie wat reeds talle jare deur die graad 8-leerders van CHS beoefen word.

Hoewel die toetse te moeilik geblyk het vir sommige leerders was die algemene uitslag en ingesteldheid van die groep veblydend om te sien.  Baie geluk aan die top 5 leerders wat die beste presteer het in hul dastoetse: Lehanie Marais, Corina Erasmus, Jan-Hendrk Bezuidenhout, Nicola Koegelenberg en Jané de Klerk.
Diegene wat nie in hul eerste pogings geslaag het nie, sal op ‘n latere stadium die geleentheid kry om ‘n verdere toets af te lê.

Op die foto bo:   Die 2018 hoofleiers van CHS staan saam met die top 5 leerders wat die beste presteer het in die graad 8-dastoetse.

V.l.n.r.:  Shané de Waal (hoofdogter), Lehanie Marais, Corina Erasmus, Jan-Hendrik Bezuidenhout, Nicola Koegelenberg, Jané de Klerk, Chuma Dilima (hoofseun)

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal