Hezekiel Sepeng Invitational Continental. Hoërskool Garsfontein Atletiekprestasie.
Megan Maree het Donderdagaand aan die gesogte Hezekiel Sepeng Invitational Continental Tour in Potchefstroom deelgeneem, waar sy die 100m hekkies vir senior vroue aangedurf het.
Wat hierdie prestasie nóg meer merkwaardig maak, is dat Megan slegs 17 jaar oud is – en tog het sy met selfvertroue teen die land se voorste senior hekkie-atlete meegeding. Sy het ’n uitmuntende 3de plek behaal met ’n tyd van 13,61 sekondes!
👏 Baie geluk, Megan – jou harde werk en talent laat Garsies se trots helder skyn. Garsies sien uit na nog vele oorwinnings!

Lees meer skole-prestasies hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








