Graanveld Skolebyeenkoms – Truida Kestell se atlete het onlangs deelgeneem aan die Graanveld Skolebyeenkoms. Truidjies het groot rede gehad om trots te wees op hul jong atlete. Vier van hul atlete het nuwe rekords by die Graanveld Skolebyeenkoms opgestel. Die span het nie net hul talent en deursettingsvermoë gewys nie, maar ook die skool se naam met glans verteenwoordig.
Die volgende atlete het geskitter by die byeenoms:
- Rianza Boshoff (D/10) het ’n nuwe rekord in die 1200m opgestel.
- Mia Rautenbach (D/12) het die spiesgooi-item oorheers en ’n rekordafstand behaal.
- Kuifie van Rooyen (S/10) het ook in die 1200m sy merk gemaak met ’n rekordtyd.
- Johnathan Matthew (S/13) het dubbel glorie behaal deur rekords in beide die 1500m en 800m te verbeter.
Vier atlete het met hul prestasies gewys dat harde werk en toewyding vrugte afwerp. Hulle is ’n inspirasie vir hul medeleerlinge en ’n bewys van die sterk sportkultuur by Truida Kestell.
Die skoolgemeenskap en afrigters is uiters trots op hierdie jong sterre en sien uit na nog vele hoogtepunte in die seisoen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








