Gauteng-Noord Atletiekbyeenkoms. Jean-Jacques Ellis, leerder van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria, het die afgelope naweek by Gauteng-Noord Atletiekbyeenkoms aan die 0.15-Verspring en Driesprong deelgeneem.
Jean-Jacques verewig sy naam in die rekordboeke deur twee verspringrekords met een sprong te verbeter. Hy breek die Gauteng- (7.13m) sowel as die Gauteng-Noord (7.03m) rekords. By die Gauteng byeenkoms twee naweke gelede, verbeter hy ook die Atletiek Suid-Afrika verspringrekord met ‘n afstand van 7.03m. Hy hou dus tans die Atletiek Gauteng-Noord, Gauteng en Atletiek Suid-Afrika se rekords in 0/15-verspring!
Hy behaal ook ‘n eerste plek in die 0.15-Driesprong met ‘n afstand van 13.05m by die AGN-byeenkoms.
Jean-Jacques kwalifiseer vir die SASA (Skole) en ASA (Klubs) byeenkomste vir albei die items en die Wilgies verwag sommer nog meer rekords van hierdie skitterende atleet in die toekoms.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










