Dink Of Sink. Helpmekaar Kollege se senior debatspanne het hul staal behoorlik in die DINK OF SINK-onvoorbereide debatskompetisie getoon.
Na drie taai uitdunrondtes van vinnig gedink (én gesink), dring twee Helpie-spanne deur na die semifinaal.
Beide ons spanne seëvier teen Afrikaans Hoër Meisieskool en dring so deur na die finaal.
Die span van Helpmekaar Kollege, Danielle Wilkinson en Emile du Toit slaag daarin om hul Helpie-teenstanders, Elanzé Kuhn, Waldo Haasbroek en Nelius van Graan in ‘n naelbytstryd te laat sink.
Die wenspan sal, as slegs een van vier finaliste, die noordelike streek van Suid-Afrika by die landsfinaal verteenwoordig.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








