COSASSA Spele – Hoër Meisieskool Oranje se eie kragpak, Karla Kock, ’n graad 9-leerling, het onlangs haar merk gemaak op internasionale bodem. Sy het ‘n silwermedalje vir die Suid-Afrikaanse skolespan ingepalm. Dit was tydens die prestigeryke COSASSA Spele in Swaziland. Hierdie byeenkoms, wat atlete van regoor Suider-Afrika byeenbring, is ’n viering van jeugsport en talent. Karla het beslis nie teleurgestel nie.
In die o.16-gewigstoot item het sy ’n indrukwekkende afstand van 15.02 meter behaal. Hierdie prestasie het aan haar ’n tweede plek op die podium besorg. Dié prestasie is nie net ’n bewys van haar fisieke krag nie, maar ook van haar toewyding en harde werk agter die skerms.
Wat Karla se verhaal nóg meer merkwaardig maak, is dat sy reeds in April vanjaar geskiedenis gemaak het. Sy behaal ‘n goue medalje by die nasionale hoërskole-byeenkoms. Daarmee het sy die eerste Oranjeniet in etlike jare geword om dié prestasie te behaal. Dit is beslis ’n mylpaal vir Karla wat haar naam met trots in die rekordboeke vas gelê het.
Die skoolgemeenskap is uiters trots op Karla se uitsonderlike prestasies. Oranje sien uit na wat die toekoms vir hierdie talentvolle jong atleet inhou. Met haar vasberadenheid en passie vir atletiek, is daar geen twyfel dat sy nog vele hoogtes gaan bereik nie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








