Heart Health

Atlete na COSASSA Spele – Hoër Meisieskool Oranje skitter

Atlete na COSASSA Spele. OMS atlete in SA Span na COSASSA Spele in eSwatini.

Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein se atletiekspan het weereens bewys hoekom hulle onder die top-atlete in Suid-Afrika tel. Twee van die skool se ster-atlete, Karla Kock (graad 9) en Rumé Burger (graad 11), is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die COSASSA Spele. Die spele word einde Augustus in eSwatini (voorheen Swaziland) aangebied. Hierdie internasionale byeenkoms bring die beste skool-atlete van Suider-Afrika bymekaar in ’n viering van talent, toewyding en sportgees.

Wat hierdie prestasie nóg meer indrukwekkend maak, is dat Karla en Rumé twee van slegs vier Vrystaatse meisies is wat die nasionale span haal. Dit is ook ’n bewys van hul uitsonderlike vermoë en harde werk.

SA Skole-kampioenskappe

Karla Kock gaan haar staal wys in die gewigstoot (o.16). Sy het vanjaar geskiedenis gemaak. Sy is die eerste Oranjeniet in jare om ’n goue medalje in hierdie item te wen by die SA Skole-kampioenskappe. Haar krag en tegniek het haar reeds op nasionale vlak laat uitblink. Nou kry sy die kans om haar talent op ’n internasionale verhoog te toon. Sy het haar land met trots verteenwoordig by die Afrika o.18-kampioenskappe wat van 16 tot 20 Julie 2025 in Abeokuta, Nigerië plaasvind. Karla neem ook deel aan die gewigstoot (3kg) in die o.16-afdeling – ’n item waarin sy reeds nasionale erkenning geniet.

Met ’n persoonlike beste van 14.61 meter in 2025, het Karla haarself gevestig as een van die top jong gewigstoot-atlete in Suid-Afrika. Haar insluiting in die nasionale span is ook ’n bewys van haar talent, toewyding en die harde werk wat sy in haar sport insit.

Karla is ook bekend vir haar prestasie by die ASA SA Kampioenskappe, waar sy tweede plek in gewigstoot behaal het.

Met haar krag, tegniek en nederigheid is Karla ook ’n ware rolmodel vir jong sportlui. Ons hou duimvas vir haar uitslae in Nigerië en sien uit na haar volgende groot oomblik op die atletiekbaan.

Rumé Burger is ‘n baie bekende naam in atletiekkringe. Sy sal by die COSASSA Spele aan die 100m en 200m (o.18) deelneem. Sy het vanjaar die kampioen-titel in beide items verower tydens die Nasionale Hoërskole-byeenkoms vir o.17’s. Met haar indrukwekkende spoed en vasberadenheid het sy reeds verskeie rekords laat spat. Rumé se deelname aan COSASSA is ’n natuurlike volgende stap in haar opwindende loopbaan.

Verteenwoordig SA by Afrika-kampioenskappe in Nigerië

Romé verteenwoordig Suid-Afrika by die Afrika o.18-kampioenskappe in Abeokuta, Nigerië. Dié kontinentale byeenkoms vind plaas van 16 tot 20 Julie. en Rumé neem deel aan die 200m-item in die o.18-ouderdomsgroep.

Hoewel amptelike uitslae van haar deelname nog nie beskikbaar is nie, is Rumé se insluiting in die nasionale span op sigself ’n merkwaardige prestasie. As huidige SA-kampioen in die 200m en houer van verskeie nasionale skole-rekords, het sy haar plek tussen Afrika se beste jong naellopers dubbel en dwars verdien.

Haar deelname aan hierdie kampioenskap is nóg ’n stap in haar indrukwekkende atletiekloopbaan – ’n loopbaan wat al lank stories van spoed, trots en toewyding vertel.

Hierdie twee atlete dra nie net hul skool se naam met trots nie. Hulle is ook rolmodelle vir jong sportlui in die Vrystaat. “Ons hou duimvas vir hul voorbereiding en sien uit na hul vertonings in eSwatini – waar hulle beslis weer sal skitter.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

Nuwe Sporthoofde – Hoërskool Nelspruit

Nuwe Sporthoofde – Hoërskool Nelspruit spog met twee nuwe Sporthoofde vir atletiek en Hokkie. Hierdie twee dinamiese aanstellings gaan die sportprogram na nuwe hoogtes neem. Me. Anica Cilliers is aangewys…

Karate-prestasie – Hoërskool Jim Fouché se Elvin Pienaar skitter

Karate-prestasie. Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein kan met trots terugkyk op ’n uitstaande prestasie deur Elvin Pienaar, leerder van Hoërskool Jim Fouché het op 8 November aan die Bushido Challenge…

Leave a Reply

You Missed

Nuwe Sporthoofde – Hoërskool Nelspruit

Nuwe Sporthoofde – Hoërskool Nelspruit

Karate-prestasie – Hoërskool Jim Fouché se Elvin Pienaar skitter

Karate-prestasie – Hoërskool Jim Fouché se Elvin Pienaar skitter

Nasionale Swemkompetisie – Primêre Skool Naudeville

Nasionale Swemkompetisie – Primêre Skool Naudeville

SANESA Cape Metro Awards – Fairmont High School delighted

SANESA Cape Metro Awards – Fairmont High School delighted

Lente Atletiekkampioenskap – Trio Primêr presteer uitstekend

Lente Atletiekkampioenskap – Trio Primêr presteer uitstekend

Dads and Lads event – St Charles College, Superior Sporting day

Dads and Lads event – St Charles College, Superior Sporting day