AMASA/ ABAKUS-kompetisie. Baie geluk aan Anje Saunders (Vlak 5) wat ’n silwer medalje verower het tydens die AMSASA-kompetisie in Roodepoort. Hierdie prestasie is ’n groot mylpaal en toon haar toewyding en talent in die wêreld van wiskunde en probleemoplossing.
Anje het boonop gekwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig by die internasionale kampioenskappe in Taiwan – ’n ongelooflike geleentheid waar sy haar vaardighede op die wêreldverhoog kan wys.
Die Hoopies-familie is uiters trots op jou, Anje! Jou harde werk, deursettingsvermoë en passie inspireer jou klasmaats en jou skool.
Meer oor AMASA/ ABAKUS
Die Abacus Maths Soroban Vereniging van Suid-Afrika (AMASA) is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat in Januarie 2015 gestig is. AMASA het die geleentheid geskep vir verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye wat die Japannese Abacus-wiskundestelsel onderrig, om saam te kom om aan Nasionale Kampioenskappe deel te neem en ook om die geleentheid te bied vir jong Suid-Afrikaanse kinders om gekies te word om in die internasionale arena deel te neem. As ‘n goedgekeurde lid van GAJSMA (Global Associaston of Japanese Soroban and Mental Arithmetic) kan alle AMASA-lede internasionaal meeding.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










