Wes-Kaap Topskole Netbalkampioenskap. Netbalglorie vir Hoër Meisieskool Paarl by Topskole-kampioenskap.
Hoër Meisieskool Paarl het opnuut gewys hoekom hulle as een van die Wes-Kaap se topsportskole beskou word. Tydens die onlangse Wes-Kaap Topskole Netbalkampioenskap het die o.17A- en o.19A-spanne uitmuntend gevaar en hul plekke in die nasionale kampioenskap later vanjaar verseker.
Die o.17A-span het deurgaans oorheers met sterk oorwinnings teen onder andere Hoërskool Punt (25–5) en Ameyezo (31–3). In die halfeindstryd het hulle Hoërskool Stellenberg met 17–13 geklop voordat hulle die eindstryd teen Paarl Gimnasium met ’n spanningsvolle 16–12 gewen het.
Die o.19A’s het ook hul staal gewys en indrukwekkende tellings behaal, insluitend ’n kwart eindstryd-oorwinning teen Hoërskool Tygerberg (46–21) en ’n halfeindse sege teen Hoërskool Tygerberg (28–20). In die eindstryd het hulle egter ná ’n taai stryd met 20–29 teen Paarl Gimnasium vasgeval.
Beide spanne, saam met die o.14A-span, het nou hul plekke verseker om die Wes-Kaap te verteenwoordig tydens die SA Topskole-kampioenskappe wat in Augustus plaasvind.
“Ons is ongelooflik trots op die dogters se toewyding, spanwerk en sportmangees,” het ’n skoolwoordvoerder gesê. “Hulle is ware ambassadeurs van Hoër Meisieskool Paarl.”

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.paarlgirlshigh.com/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








