)

Wenners van Vrystaatbeker – Sekondêre Meisieskool Oranje

Wenners van Vrystaatbeker. Kroonopvolgers! Netbalspanne blink uit as wenners van Vrystaatbeker.

Die o.19A- én o.15A-netbalspan het Saterdag geskiedenis gemaak toe albei spanne die Vrystaatbeker se eindstryde in Bethlehem gewen het en hulle plek as top spanne in die provinsie bevestig het.

Met passie, vaardigheid en samehorigheid het die twee spanne hulle teenstanders uitgedaag en oorrompel in ’n reeks wedstryde wat hul krag op die netbalbaan bewys het.

O.19A-span se roete na goud: Die span het elke wedstryd met oortuiging gewen:

  • Hoërskool Hoopstad (28–11)
  • Hoërskool Wilgerivier (43–13)
  • Hoërskool Witteberg (28–18)
  • Hoërskool Jim Fouché (34–25)
  • Bethlehem Voortrekker – ’n naelbyt-halfeindstryd (31–29)
  • Hoërskool Sentraal in die eindstryd (21–13)

O.15A-span se ongeëwenaarde oorheersing: Hul pad na die titel was net so indrukwekkend:

  • Hoërskool Witteberg (25–12)
  • St. Anne’s (36–11)
  • Hoërskool Jim Fouché (31–9)
  • Hoërskool Trio (35–6)
  • Hoërskool Fichardtpark in die halfeind (21–10)
  • Bethlehem Voortrekker in die eindstryd (23–17)

Die afrigters, spelers en ondersteuners kan met reg trots wees op hierdie ongelooflike prestasie van die meisies. Hierdie oorwinnings getuig van harde werk, toewyding en ’n ware spanpoging. Vrystaat-netbal het beslis ‘n nuwe standaard gekry!

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za

Foto’s: Willie Kruger

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal