Simone Botha, mev. Louise Tromp (Wiskunde Departement) en Eduard Klüsmann.
Worcester Gimnasium is ‘n ‘MST’-skool (Mathematics, Science and Tegnology)’.
Die Nasionale Wiskunde-olimpiade bestaan uit 3 rondtes. Baie van Worcester Gimnasium se leerders het na die tweede rondte deurgedring.
In die tweede rondte het Eduard Klüsmann in die top 3 van die MST-skole se deelnemers geëindig en Simone Botha was die Top-kandidaat. Eduard ontvang ‘n sertifikaat en Simone ‘n sertifikaat, asook R300.