Haydar Khan het gedurende Desember uitstekend presteer vir Boland Krieket o.15A by die Interprovinsiale toernooi.
In ‘n opwarmingswedstryd teen Westelike Provinsie teken hy 54, nie uit nie, aan.
Haydar het besonder goed geboul en neem die tweede meeste paaltjies vir Boland in die toernooi.
Hy word ook as speler van die wedstryd aangewys teen die Vrystaat. Haydar is ook as kaptein van sy span aangewys.
Wel gedaan, Haydar!