)

Wintersport – Paul Roos Gimnasium skop af met groot sukses

Wintersport. Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se wintersport het die afgelope naweek met groot sukses afgeskop.

Hokkie

PRG hokkie het sy eerste wedstryde tussen 18 en 19 Maart gespeel. Paul Roos se 014C- en o19 A- en B-spanne het almal deelgeneem aan Paarl Boishaai en Milnerton se hokkietoernooie.

Wedstryde wat by dié twee toernooie uitgestaan het is PRG se o14C-span wat Paarl Gim met 9-0, Rondebosch Boys’ High 2-1 en Paarl Boishaai (aanvaar) 7-0 geklop het.  PRG se o19B-span het goed gevaar deur El Shaddai met 2-0 en Curro Langebaan 5-0 te klop. Die o19A span het op hul beurt beïndruk deur Pinelands 6-0 en Somerset College met 3-0 te wen. Die o16A span het ook deur die loop van die naweek teen Langa gekompeteer en gelykop gespeel met 2 elk. PRG o14A- en B-spanne het op hul beurt deelgeneem aan DF Malan se twee-dag hokkietoernooi. Die o14A-span het Stellenberg met 1-0 en DF Malan met 3-0 geklop, terwyl die o14B-span Durbanville met 1-0 gewen het en gelykop gespeel het (0-0) teen Somerset College.

Rugby

Die voorseisoen vir PRG rugby het afgeskop met ‘n verskeidenheid van wedstryde teen Oakdale, SSDP (School Sports Development Programme), Bellville, Melkbosstrand en HHH (Hottentots-Holland Hoërskool). PRG se o14A tot D spanne, o15 A en B spanne en die 016C-span het almal gewen.

O14A PRG wen 36-12 teen Oakdale

PRG o14B wen 19-17 teen SSDP o14A

O15A PRG wen 18-7 teen Oakdale

PRG o15B wen 31-13 teen Bellville o15A

O14 PRG C & D wen 43-0 Melkbosstrand o14A

PRG o16C wen 20-0 teen HHH o16A

PRG se o14 A en B rugbyspanne, o15 A-span, o16 A en B rugbyspanne het ook deur die loop van die naweek aan Wynberg se rugbytoernooi deelgeneem.  Hier het Paul Roos se o14A span gelykop gespeel met Paarl Booishaai (17-17), terwyl die o14B span Wynberg geklop het met 47-0. PRG se o15A-span het verloor (7-12) teen HJS, terwyl die o16A span skoonskip gemaak het teen Duineveld (62-0) en Oakdale (22-13). PRG se o16 B span het Wynberg geklop met ‘n telling van 46-3.

Die naweek se vertoning deur PRG se hokkie- en rugbyspanne is ‘n goeie toonaangewer vir die komende wintersportseisoen.

Paul Roos hokkie
PRG Rugby
Paul Roos rugby
PRG rugby

Meer skolesport: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal