SA Tennis Skolespan. Twee van Hoër Meisieskool Oranje se bobaastennisspelers, Donna le Roux en Liné Greyling, is ingesluit in die SA Tennis Skolespan.
Die Suid-Afrikaanse skolespan bestaan uit o.15-, o.17- en o.19-spelers. Liné is vir die o.19-span gekies en Donna vir die o.15’s. Die SA Tennis Skolespan gaan tydens die wintervakansie ‘n toer na Europa onderneem.
Die span is gekies na afloop van Tennis SA Tennis se Skoleweek wat in Pretoria gehou is. Donna en Liné het tydens die skoleweek vir die Vrystaat gespeel. Liné se o.19-span was die naaswenner nadat hulle Dinsdag naelskraaps teen Sentraal-Gauteng in die eindstryd verloor het. Donna se o.15’s het vyfde geëindig.
Liné het so onlangs soos Desember vir die SA o.20-span gespeel. Donna sou Suid-Afrika in 2021 in die WTA Future Stars-eindronde in China verteenwoordig het, maar dis na vanjaar uitgestel.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za