ATKV Debatkompetisie. Hoërskool Stellenberg, Kaapstad, het weer skitterend gevaar in die Wes-Kaap ATKV Debatkompetisie uitdunne. Vier senior en vier junior spanne het onder die top tien geëindig. Hulle verwerf dus WP-Kleure. Een senior en twee junior spanne het eerste of tweede plekke in die top tien-spanne behaal. Hulle is uitgenooi om in Augustus aan die Nasionale Finaal by Buffelspoort deel te neem.
Juniors: WP-kleure – Delinda du Toit, Lenka Human, Tian Basson, MJ van Rensburg, Joshua Potgieter en Ian Wessels.
Seniors:WP-kleure – Dian Rossouw, Anneri Swart, Dané Pienaar, Zanré Potgieter, Helandi van der Merwe en Aiméé Marais.
Juniors: WP-kleure en SA’s – Kirsten Swart, Jana Marais, Mischa Bester, Jenna de Beer, Cara van Rensburg en Isabelle du Pisanie.
Seniors: WP-kleure en SA’s – Anchen Truter en Lisa Louw.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za