)

Wilge Teater – Hoërskool Die Wilgers koorfees

Wilge Teater. Op Woensdag, 27 September, het musiekklanke en engelstemme die lug gevul in die Wilge Teater., Pretoria. Hoërskool Die Wilgers se eie koor het hul buiging gemaak en die gehoor met hul pragtige sang vermaak.

Onder die bekwame leiding van Ruan Odendaal het Die Wilgers se koorlede koorsang by Hoërskool Die Wilgers laat herleef. Die koorlede se entoesiasme en toegewydheid verdien beslis ’n pluimpie. Die koor is begelei deur die bekende ‘The Sound Collective’ ensemble wat verdere luister aan die aand verleen het. Pierre van der Merwe het ook beïndruk met sy pragtige solo in ‘Homeward bound’.

Die kore van Laerskool Pretoria-Oos, onder leiding van Elana Neethling en Laerskool Tygerpoort, onder leiding van Ruan Odendaal, was Die Wilgers se gaskore by die Wilge Teater. Beide kore se items was afgerond, musikaal en prettig. Dit was inspirerend en vermaaklik om dié jong leerders te sien optree.

Die marimba ensemble van Laerskool Pretoria-Oos het vooraf die gaste buite die teater met hul tradisionele klanke, wat ’n warm atmosfeer geskep het, geboei.

Plato het beweer dat musiek mense saambind; siel aan die heelal gee – Wilgie Koorfees 2023 was beslis ’n aand van saamsing, goedvoel en diepe lekkerkry. Sielskos.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://hswilgers.co.za/

Foto’s: Annalien Venter

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

FEI Jumping World Challenge – St Stithians College delighted

FEI Jumping World Challenge. Jenna jumping for South Africa – Celebrating Old Stithian Jenna Kirk. St Stithians College, Sandton, is immensely proud of Old Stithian Jenna Kirk (Class of 2025),…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal