“West Coast Angle.” 𝗞𝗮𝘆-𝗟𝗲𝗲 𝗺𝗮𝗮𝗸 𝗵𝗮𝗮𝗿 𝗺𝗮𝗿𝗸 𝗶𝗻 𝗞𝗮𝗮𝗽𝘀𝗲 “𝗚𝗿𝗼𝗼𝘁 𝗩𝘆𝗳.”
Koue water, warm harte! 🌊 Kay-Lee Mouton (gr. 11) het Donderdag, 5 Februarie, ’n ongelooflike mylpaal bereik toe sy ’n uitmergelende 18 km in oop water voltooi het.
Onder koue, mistige toestande en in water van gemiddeld 13ºC, het sy die berugte “West Coast Angle” in ’n tyd van 6 ure en 22 minute geswem. Die roete begin by Big Bay (Bloubergstrand), draai om Robbeneiland en eindig by Melkbosstrand – ’n uitdaging wat net die dapperstes aandurf.
Deel van die Kaapse “Groot Vyf”
Kay-Lee het nou al vier van die vyf legendariese swemtogte voltooi:
- ✅ The Leopard (8 km): Rondom Kaappunt (Cape Point)
- ✅ The Rhino (18 km): Robben Island – West Coast Angle
- ✅ The Elephant (24 km): Dubbelkruising van die Langebaan-strandmeer
- ✅ The African Lion (33 km): Valsbaaikruising – van Miller’s Point na Rooi-Els
Die enigste uitdaging wat nog oorbly, is die gevreesde Cape Buffalo: ’n 11 km swem van Dasseneiland tot Yzerfontein. Hierdie tog is bekend vir sy ysige water, verraderlike strome en die verhoogde risiko van haaie.
’n Ware Bloemhoffie
Sien Kay-Lee kans daarvoor? Natuurlik! Haar vasberadenheid en moed wys dat sy nie net ’n uitmuntende atleet is nie, maar ook ’n inspirasie vir haar skool en gemeenskap.
Baie geluk, Kay-Lee, met hierdie merkwaardige prestasie – en sterkte met jou voorbereiding vir die laaste stap na die volle “Groot Vyf”!
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








