Die Liggie skuts wat gekies is vir die onderskeie Mpumalanga skietspanne staan
(v.l.n.r.): Liza Giliomee (spanbestuurder), Sophia Giliomee en Sumé Snyman. Voor sit (v.l.n.r.): Erenst Botha, Morné van Aswegen en Gerhard Botma.
Ligbron Akademie vir Tegnologie se skuts het die afgelope naweek, 2 en 3 Augustus, aan die Mpumalanga finaal deelgeneem wat by HTS Middelburg aangebied was. Mpumalanga is die grootste skiet-provinsie in die land. Die provinsie is dus in drie streke opgedeel: Nkangla streek (Witbank Middelburg Groblersdal), Laeveld streek (Nelspruit Witrivier) en Ermelo streek (Ermelo Bethal). Ligbron se o/16-span het die algehele 2de plek in Ermelo streek behaal en die o/21-span het die algehele 1ste plek in Ermelo streek behaal en daarmee goud verwerf. Cobus Pretorius het Brons ontvang vir die beste o/14 skut in die Ermelo streek. Tydens die Mpumalanga-finaal ontvang Sumé Snyman Silwer vir die 2de beste telling in die o/16-afdeling met 1429 punte.
Sumé Snyman, Gerhard Botma, Erenst Botha en Morné van Aswegen is na afloop van die Mpumalanga finaal in die Mpumalanga o/16 span opgeneem. Sophia Giliomee is opgeneem in die o/21 Mpumalanga skietspan.