)

Vyf Liggies gekies vir Mpumalanga skietspan

Die Liggie skuts wat gekies is vir die onderskeie Mpumalanga skietspanne staan

(v.l.n.r.): Liza Giliomee (spanbestuurder), Sophia Giliomee en Sumé Snyman.  Voor sit (v.l.n.r.): Erenst Botha, Morné van Aswegen en Gerhard Botma.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se skuts het die afgelope naweek, 2 en 3 Augustus, aan die Mpumalanga finaal deelgeneem wat by HTS Middelburg aangebied was. Mpumalanga is die grootste skiet-provinsie in die land. Die provinsie is dus in drie streke opgedeel: Nkangla streek (Witbank Middelburg Groblersdal), Laeveld streek (Nelspruit Witrivier) en Ermelo streek (Ermelo Bethal). Ligbron se o/16-span het die algehele 2de plek in Ermelo streek behaal en die o/21-span het die algehele 1ste plek in Ermelo streek behaal en daarmee goud verwerf. Cobus Pretorius het Brons ontvang vir die beste o/14 skut in die Ermelo streek. Tydens die Mpumalanga-finaal ontvang Sumé Snyman Silwer vir die 2de beste telling in die o/16-afdeling met 1429 punte.

Sumé Snyman, Gerhard Botma, Erenst Botha en Morné van Aswegen is na afloop van die Mpumalanga finaal in die Mpumalanga o/16 span opgeneem. Sophia Giliomee is opgeneem in die o/21 Mpumalanga skietspan.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal