Die eerste- en tweede dogters krieketspanne van Ligbron kort voordat hulle mekaar die stryd aangesê het as deel van hulle liga verpligtinge.
Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, se eerste dogters-krieketspan het op Woensdag, 31 Julie, teen Ligbron se tweede dogters-krieketspan te staan gekom as deel van hulle liga verpligtinge. Beide die spanne speel in dieselfde liga. Die eerstespan wen die loot en stuur die tweedespan in om eerste te kolf. Na die 13de boulbeurt het die eerstespan die tweedes almal uitgeboul vir 54 lopies. Vayda Coetzer neem 4 paaltjies vir 15 lopies teen haar. Die eerstes neem daarna die kolf op en gaan die tweedespan se telling in die 6de boulbeurt verby. Jacolien du Preez het 29 lopies vanaf 14 balle gemoker.
Die eerstespan wen die wedstryd met 9 paaltjies.