)

Ligbron Krieketspanne skop seisoen af

Die eerste krieketspan kort na hulle oorwinning teen Hoƫrskool Standerton.

Die tyd vir Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, se krieketwedstryde het aangebreek en die Liggies het die seisoen goed afgeskop.

 

Ligbron se derdespan het op Donderdag, 1 Augustus, tuis teen Hoërskool Hendrina se tweedespan gespeel. Ligbron wen die loting en besluit om eerste te kolf. Die Liggies teken 203 lopies vir die verlies van 6 paaltjies na 20 boulbeurte aan. Hendrina kolf daarna en kon slegs daarin slaag om 68 lopies vir die verlies van 9 paaltjies in 17.5 boulbeurte aan te teken. Ligbron se derdes wen dus die wedstryd met 141 lopies.  Die derdespan se beste kolwers vir die wedstryd was Charno du Toit met 52 lopies van 37 balle en Nardus Prinsloo met 48 lopies van 37 balle en die beste boulers was Hendrico Jooste met 3 paaltjies en Mohammed Timol met 2 paaltjies.

 

Die eerstespan het op Saterdag, 3 Augustus, tuis teen Hoërskool Standerton gespeel.  Standerton het die loot gewen en besluit om eerste die kolf op te neem.  Hulle teken 167 lopies in die 38ste boulbeurt aan  met al hul kolwers uit. Die boulers wat uitgeblink het is: Charl du Toit, 31 lopies vir 1 paaltjie in 9 boulbeurte, Hardu Prinsloo, 17 lopies vir 2 paaltjies in 6.2 boulbeurte en Ruben Herbst, 24 lopies vir 3 paaltjies in 7 boulbeurte.  Die Liggies neem die kolf op en teken 170 lopies vir die verlies van 3 paaltjies in die 29ste boulbeurt aan met puik kolf werk deur Charl du Toit wat 93 lopies (nun) aanteken en Ruben Herbst wat 32 lopies aanteken. Ligbron se eerstes wen die wedstryd met 7 paaltjies.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal