
Vrystaatrekords vir Rumé – Hoër Meisieskool Oranje spog met Rumé Burger wat rekords in die 100m en 200m verpletter het.
Die o.17-Vrystaatrekords in die 100 m wat vir 22 jaar gestaan het, asook die 200m sedert 2008, behoort nou albei aan Rumé Burger.
Rumé het albei die Vrystaatrekords tydens die Hoërskole Atletiek byeenkoms gebreek. Sy het die 200m van 24.85 na 23.76 verbeter, en die 100m van 12.00 na 11.70.
Met die hulp van Rumé het die o.19- en o.17-aflosspanne (4×100 m) hul wedlope in rekordtye gewen, onderskeidelik met 47.78 en 49.25.
Rumé het albei rekords, met meer as ’n sekonde oortref.
Hierdie rekords het voorheen ook aan Hoër Meisieskool Oranje behoort.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor