
Vrystaat atletiekkampioenskappe. Nege-en-twintig Grey Kollege Primêr leerders het aan die Vrystaat atletiekkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.
Die atlete het besonders goed presteer.
KG Nghonyama het ‘n nuwe rekord in verspring behaal met ‘n mooi afstand van 6.02m.
Aan die einde van die dag het Grey die volgende trofees gewen.
- Trofee vir die beste onder 10 span.
- Trofee vir die beste onder 13 span.
- Trofee vir die top 5 seuns.
KG Nghonyama, o.13, het ook ‘n trofee gewen vir die beste algehele veldatleet van die byeenkoms. Hy het 918 punte vir sy verspring verdien.
Charl Theron, o.10, het die trofee vir die beste algehele baanatleet ontvang. Hy het 910 punte in die 70m hekkies behaal met ‘n wentyd van 12.03s.





Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegeprimary.com/
oto’s verskaf