Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein is trots om aan te kondig dat ’n hele span van hul uitblink-atlete gekies is om JF in die Vrystaat-Atletiekspan te verteenwoordig. Hierdie prestasie is ’n bewys van hul harde werk, toewyding en die gees van uitnemendheid wat JF-atletiek kenmerk.
Baie geluk aan die volgende 11 atlete:
- Annebelle Traut
- Franzelle Barnard
- Larisa Labuschagne
- Maruné Dreyer
- Anri Rautenbach
- Neldri du Toit
- Danell Oelofse
- JanHarm Siebert
- Joah de Villiers
- Kagisho Lesdhotho
- Ruan Kruger
Ons sien uit daarna om te volg hoe hierdie talentvolle jongmense die Vrystaat met trots gaan verteenwoordig. Julle elf is ware ambassadeurs van JF!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/










