Van rekord tot erfenis – ‘n Ikoniese ontmoeting het hom by die Helpmekaar Kollege vandag afgespeel.
Die jaar is 1994. ’n Jong seun van 17 jaag oor die baan by die SA Senior Atletiekkampioenskappe. Sy tyd: 45.15 sekondes. Die naam: Riaan Dempers. ‘n Nuwe Suid-Afrikaanse o.20-rekord is gebore. Hierdie briljante atleet behaal later silwer by die Junior Wêreldkampioenskappe en dra trots die SA-kleure by die Statebondspele.
Spoel vorentoe na 2025. Nóg ‘n jong seun, ook 17 jaar oud, flits oor daardie selfde afstand, net effens vinniger: 45.03 sekondes. Leendert Koekemoer skryf sy naam in dieselfde rekordboek. Van rekord tot erfenis. Hy word hierdie jaar gekroon met goud tydens die Wêreld Aflosspele in China as deel van die 4 x 400m-aflosspan.
En vandag, 31 jaar later, ontmoet hierdie skitterende atlete van verlede en hede mekaar. Riaan, ‘n geliefde skole-atletiekafrigter, word vereer by Helpmekaar se Laureus-toekenningsgeleentheid. Leendert, met sy blink goue medalje in die sak, het Riaan nog nooit in persoon ontmoet nie… tot vandag.
In ’n aangrypende oomblik oorhandig Riaan seremonieel Leendert se medalje aan hom, ’n gebaar van respek, eer en die ewige krag van sport om generasies te verbind.
Dankie, Riaan. Jy het nie net rekords agtergelaat nie, maar ’n nalatenskap van rekords tot erfenis.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








