)

Uitslae: Tuks-reeks Hoërskool Nelspruit vs EG Jansen 10 Maart 2018

Die wintersportspanne van Hoërskool Nelspruit het op 10 Maart 2018 teen EG Jansen kragte gemeet in die eerste ronde van die Tuks-Skolereeks wat op die teenstanders se velde plaasgevind het.

Dit was ‘n klipharde stryd vir NHS se eerste rugbyspan wat uiteindelik 40-15 die knie moes buig. Die derdes en o/15B-spanne kon beide wel wenne op die puntebord aanteken.

Op die netbalbane kon NHS daarin slaag om 7 uit die 9 wedstryde oortuigend in te palm. Die eerste span kan opreg trots wees met hul eindtelling van 35-19 in NHS se guns. Die 0/17A en o/14A’s het ook uitgeblink met wegholoorwinnings van onderskeidelik 41-4 en 30-8.

Die dogtershokkiespanne het in 3 uit 7 wedstryde oorwinnings aangeteken en twee gelykopgespeel. In die eerstespanwedstryd was EG Jansen die enigstes om ‘n doel aan te teken. Die o/16A en B-spanne kon hul teenstanders 5-0 en 2-0 laat les opsê.

NHS se seunshokkiespanne het nie teleurgestel met 2 uit 2 wenne van 7-0 elk nie.

Die Nellies is weer terug op die oefenveld ter voorbereiding van Saterdag se tuiswedstryd teen Menlopark in die Tuks-reeds. Wedstryde begin reeds 08:00. Toeskouers welkom.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal