Toyota Menlo Netbaltoernooi – Die Hoërskool Menlopark se jaarlikse netbaltoernooi is elke jaar ‘n hoogtepunt van spanwerk en uitsonderlike netbalaksie! Menlopark het tydens die Toyota Menlo Netbaltoernooi hierdie jaar weereens bewys dat hul netbalprogramme van die hoogste gehalte is. Beide die o.14A- en o.16-spanne het met uitsonderlike spel en spangees die Menlo-naam met trots verteenwoordig.
o.14A-span
Die o.14A-span het ’n indrukwekkende 13 wedstryde gespeel tydens die Toyoto Menlo Netbaltoernooi. Hulle behaal 11 oorwinnings en 1 gelykop. Die span se vasberadenheid, tegniese vaardigheid en samewerking het duidelik uitgestaan. Hulle het gewys dat Menlo-netbal nie net oor talent gaan nie, maar ook oor karakter, spangees en trots! Dit het hulle een van die topspanne van die toernooi gemaak.
o.16-span
Menlo se o. 16A-span het aan die Toyota Menlo Netbaltoernooi deelgeneem en heerlike, harde netbalwedstryde gespeel. Die o.16-span het eweneens hul merk gemaak met sterk vertonings en ’n reeks oorwinnings. Dit het hul talent en toewyding bevestig. Spelers het met selfvertroue en deursettingsvermoë elke wedstryd aangepak en het hul teenstanders behoorlik laat werk vir elke punt. Die span het 12 wedstryde gespeel, waarvan hulle 10 gewen het.
Die spelers het nie net tegniese vaardigheid en taktiese vernuf getoon nie, maar ook ’n bewonderenswaardige gees van samewerking en deursettingsvermoë. Elke wedstryd was ’n bewys van hul passie vir die sport en hul strewe na uitnemendheid. Baie geluk aan die spelers en die afrigters wat hulle so goed van hulle taak gekwyt het. Menlopark sien uit na die seisoen wat wag.

o.17-span
Die o.17-Span het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt! Baie geluk aan elke speler vir die passie, toewyding en sportmangees wat opmerklik was! Hulle het 11 wedstryde gespeel, wen 8 en verloor 2 (1 wedstryd het nie plaasgevind nie).
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








