Toneel. Eldo Toneel het aan Pronk Podium by Helpmekaar Kollege deelgeneem. Na uitstekende optredes en positiewe repliek het Eldo deelnemers die volgende sertifikate ontvang:
- Die Binnesirkel, slegs leerderproduksie, deur Leam Nieuwoudt in Gr. 10. Ontvang 5 Brons en 2 Silwer, onder andere Leam Nieuwoudt vir spel.
- Sad Girl Musiek, ontvang Goud vir alle tegniese aspekte deur Lehandré Strydom, Keagan Troskie en Dezi Roodt. Lenay Rossouw in Gr.12 ontvang goud vir haar karaktervertolking. In totaal ontvang hulle 1 Brons, 3 Silwer en 5 Goud.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf