
Suid-Vrystaat (SVS) Hokkiespanne. Oranje dogters blink uit.
Primêre Meisieskool Oranje is uiters trots op die 16 dogters wat verkies is tot die onderskeie Suid-Vrystaat (SVS) hokkiespanne in hul ouderdomsgroepe. Hierdie prestasie getuig van harde werk, toewyding en uitsonderlike talent. Baie geluk aan elkeen van julle — ons wens julle alle sterkte toe vir die komende toernooie gedurende die vakansie!
- SVS o.13A-span: Gabi Forster, Lily Schutte, Minke Steyn, Amy Dormehl, Zukiswa Ncokazi, Kaylin Hanekom, Tatiana Oosthuizen
- SVS o.13B-span: Emma Myburgh, Munay Uys
- SVS o.12A-span: Almy Wessels, Ella Myburgh, Rize Rautenbach, Ella Smit, Johané Bam
- SVS o.12B-span: Annebel Fick, Ruby Schutte
’n Spesiale vermelding ook aan Kaylin Hanekom en Tatiana Oosthuizen vir hul uitsonderlike betrokkenheid.


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor