Laerskool Stulting, Humansdorp, het hul jaarlikse interskole swem-gala gehou by Hoërskool Nico Malan. Ten spyte van die wind en reën het die leerders uitstekend gevaar en altesaam 3 rekords verbeter.
Cayla Bakkes het die meisies ope 25m borsslag se rekord met 22 sekondes verbeter, terwyl Merwe van der Merwe die seuns o/10 25m vryslag se rekord met 16.31 sekondes verbeter het, sowel as die seuns ope 50m vryslag met 35.35 sekondes. Natalie Reeves het ‘n trofeë ontvang vir puik deursettingsvermoë.
Baie geluk aan elke leerder wat ‘n plek behaal het. Stulting is geweldig trots op julle!
Baie dankie ook aan al die personeel van Laerskool Stulting met julle aansteeklike entoesiasme!
Foto bo: Vlnr: Cayla Bakkes, Merwe van der Merwe en Natalie Reeves
(Foto 1 B: Personeel vlnr: Me. Kylie Janse van Rensburg, Me. Chantall Spangenberg, Me. Suné Ehlers, Me. Danelle Viljoen, Me. Karin Pienaar en Me. Shené Engelbrecht