Die o/13 rugbyspan van Laerskool Stulting het ‘n groot spitbraai gehou ter insameling van hulle toer na Ricbeeck-Kasteel.
Die ma’s en pa’s het met groot entoesiasme ingespring met die reëlings! Altesaam 5 skape is gespit vir sowat 200 mense.
Slaaie en heerlike vars roosterbrood het die sappige spitbraai-vleis perfek afgerond.
En wat is dan nou lekkerder as om met heerlike kos en goeie geselskap saam met die Stulting-familie te kuier.
Wat ‘n heerlike aand!