Skole Krieket. Die Eerste krieketspanne van Hoërskool Fichardtpark en Hoërskool Goudveld het teen mekaar gespeel in ‘n 50 beurt skole krieket wedstryd.
Hoërskool Fichardtpark het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Fichies se beste kolwers:
- Davyd Oosthuizen 79 (84)
- Aaron Isaacs 50 (28)
- Diederik de Vos 49 (94)
Fichies teken 287/8 in 50 beurte aan.
Fichies se beste boulers:
- Aaron Isaacs neem 3 paaltjies vir 5 lopies.
- Stian Kruger neem 3 paaltjies vir 31 lopies.
- Davyd Oosthuizen neem 2 paaltjies vir 19 lopies.
Fichies beperk Gouties tot 87/10 en wen die wedstryd met 200 lopies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










