Seunshokkie. Hoërskool Garsfontein se 1ste seunshokkie span is weer die kampioene (vierde keer in vier jaar) van die Pretoria Cup. Garsies se 1ste hokkiespan het teen die skool se tweede span in die finaal gespeel.. Garsies se 1ste span het in 2021, 2022, 2023 en weer vanjaar die Pretoria Cup gewen. Die 2des het op hulle beurt weer ‘n ander 1ste span van Pretoria-skole gewen om sodoende teen Garsies se 1ste hokkiespan uit te speel in die finaal.
Die fondasies en gesonde kultuur van Hoërskool Garsfontein se vorige direkteure, Stewart Dunbar en Nick Bérichon word deur hul huidige hokkiedirekteur, Steven Paulo, volgehou.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf