Schools That Rock vra ‘n paar vrae aan Neville Cooper, Hoofseun van Hoërskool Robertson.
Vraag: Hoe sien jy die invloed van die Covid19 virus op ons land?
Dit is ‘n moeilike tyd vir ons almal, maar ek dink ‘n mens moet dit sien as ‘n geleentheid, aangesien ons nou meer tyd het saam met ons geliefdes, asook om ons huiswerk op datum te kry en ek dink dit is die Here se manier om vir ons as land te sê om terug te draai na God toe.
Vraag: Dink jy dat die virus ‘n invloed op toekomstige onderwys gaan hê? Gaan skole anders kyk na onderwys?
Ja, dit gaan ‘n invloed op toekomstige onderwys hê, want a.g.v die virus het hulle hele skedule ‘n terugslag gehad en skole gaan anders kyk na die onderwys omdat, as dit weer gaan gebeur, sal hulle dit wil verhoed.
Vraag: Hoe/wat beplan jy om steeds jou doelwit vir jou laaste jaar op skool te bereik?
Ek het n skedule vir myself opgestel waarvolgens ek daagliks werk en ek bly posifief want om negatief te wees gaan jou nêrens bring nie.
Vraag: Wat beplan jy vir jou toekoms? Loopbaan?
Ek sal baie graag wil verder studeer vir “interior designer” maar my grootste doelwit is om ‘n professionele rugbyspeler te word.