)

Schools That Rock gesels met Karla Bruwer, Hoofdogter van Hoërskool Robertson

SchoolsThat Rock vra ‘n paar vrae aan Karla Bruwer, Hoofdogter van Hoërskool Robertson.

Vraag: Hoe sien jy die invloed van die Covid19 virus op ons land?

Die virus het beslis ‘n groot inpak op ons land se mense en ons ekonomie en veral op die mense wat minder bevoorreg is. As ek net kyk hoe baie mense in Robertson reeds swaar kry kan ek my net indink hoe sleg dit landwyd gaan.

Vraag: Dink jy dat die virus ‘n invloed op toekomstige onderwys gaan hê? Gaan skole anders kyk na onderwys?

Ja ek dink dit gaan ’n invloed hê. Kinders wat op datum bly sal nie probleme hê en sukkel vorentoe nie, maar die skole wie se kinders nie toegang tot tegnologie het nie en agter raak, gaan baie sukkel volgende jaar. Daar gaan verskriklik baie druk op kinders en onderwysers geplaas word volgende jaar as die werk wat hulle nie dié jaar klaar maak nie, volgende jaar behandel moet word.

Vraag: Hoe/wat beplan jy om steeds jou doelwit vir jou laaste jaar op skool te bereik?

My doelwit is om vir my eindeksamen goed te doen en om vir almal te wys dat as jy deursettingsvermoë het en hardwerkend is enige iets moontlik is. Met so baie sport en sosiale aktiwiteite wat nie meer toegelaat gaan word nie gaan ons baie ekstra ure hê om te leer.

Vraag: Wat beplan jy vir jou toekoms? Loopbaan?

Ek wil graag BEd intermediêre Fase onderwys by Stellenbosch gaan studeer.

Een goeie ding van die virus, is dat dit ons kinders leer om gedissiplineerd te wees en om elke dag te besef hoe bevoorreg ons is dat ons kos het om te eet, ‘n stil plek in die huis het waar ons huiswerk kan doen en toegang het tot tegnologie. Dit moet verskriklik wees om elke oggend onseker te wees of jy gaan kos hê om te eet en jou huiswerk in ‘n klein spasie te doen waar daar nie stilte is nie.

Hierdie tyd leer vir ons om die klein goed in die lewe raak te sien. Om die dinge te waardeer waarvoor ons nooit tyd kry in ons besige kwartaal nie. Ons raak dalk nie “skoolslim” in hierdie tyd nie, maar verander ons uitkyk oor die lewe wat ons baie gaan help na skool.

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal