SA Skole Sport Sterre – Jonathan Matthew en Mia Rautenbach, atlete van Laerskool Truida Kestell, Bethlehem het aan die 2024 Atletiek Suid-Afrika (ASA) se baan- en veldkampioenskappe deelgeneem. Die byeenkoms het plaasgevind op Vrydag, 6 en Saterdag, 7 Desember in die Vrystaat atletiekstadion, in Bloemfontein.
Jonathan het aan die 1 200m-nommer vir seuns onder 11 deelgeneem en ‘n goue medalje verower in ‘n tyd van 03:39,11. Hy behaal die eerste plek in die Top 10 ranglys van die SA Skole Sport Sterre.
Mia Rautenbach behaal ‘n vyfde plek in die Top 10 ranglys vir Gewigstoot dogters onder 10 met 9.77m.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien










