SA Skole Netbal. Paarl Gimnasium se 1ste Netbalspan het die afgelope naweek aan die SA Skole Netbal toernooi deelgeneem. Die span het uitstekend gespeel en het die tweede plek behaal. Paarl Gimnasium het in die finaal teen Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria gespeel en met 18 – 25 verloor.
Paarl Gimnasium het as volg presteer:
- Wen Hoërskool Despatch 34 – 9
- Wen Simpapa 59 – 1
- Wen Hoërskool Sentraal 21 – 17
- Wen Phahama 44 – 3
- Wen Hoërskool Framesby 33 – 15 (Top 16)
- Wen Potch Gimnasium 25 – 8
- Wen Hoërskool Menlopark 27-16 (Top 4)
- Verloor teen Affies 25-18 (Top 2)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf