)

Landsdiens – Morgenzon Landbou Akademie presteer

Landsdiens. Morgenzon Landbou Akademie Hoërskool Landsdiens se leerders het deelgeneem aan die Provinsiale Landsdiens Kamp. Vanaf 28 Junie tot 2 Julie het vier Landties vanjaar se Landsdiens Provinsiale Kamp te Nkambeni Safari Kamp, Hazyview, bygewoon. Dit was beslis ‘n kamp om te onthou!

Landsdiens fokus op die ontwikkeling van ons jeug deur goeie waardes en die vier pilare van liefde vir ons Skepper, medemens, arbeid en natuur uit te leef.

Die leerders is by die Landsdiens kamp ook in groepe ingedeel en het onder meer die volgende aktiwiteite gedoen: ‘n “warrior race”, “fun fest”, “brain teasers”, arbeid en handwerk. Oudergewoonte is daar ‘n markaand aangebied waar leerders hul selfgemaakte items verkoop het. Elke groep moes ook hul eie musiekvideo maak, wat sonder twyfel, ‘n hoogtepunt was! Samesang saans en ‘n heerlike sokkie die laaste aand… Beslis gesorg vir beste herinneringe!

Ongelooflike bande is gebou en vriendskappe gemaak om die jeug te bemagtig. Landties is dankbaar teenoor die Here vir hierdie wonderlike geleentheid en Sy hand van beskerming oor die leerders!

‘n Besondere woord van gelukwensing aan Landties se twee leerders, Madeli Kotzé en Kaylan Mostert, wat gekies is vir die Nasionale Landsdiens kamp wat DV vanaf 9 tot 14 Desember aangebied word.

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za

https://hsmorgenzon.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal