SA-Skole Atletiekkampioenskappe. Hoër Landbouskool Boland in die Paarl het agt atlete wat opgeneem is in die Weskaap-span vir die die SA-Skole Atletiekkampioenskappe in Germiston.
Die seuns wat deelgeneem het:
- Jaeger Coetzee behaal ‘n 4de plek in o.15 hoogspring met 1,84m.
- Heinrich Bezuidenhoudt behaal ‘n 7de plek in o.15 diskus met 50,41m.
- Jayden Brits doen ‘n besering op by hekkies en kon ongelukkig nie verder deelneem nie.
- Jayden de Klerk behaal ‘n 12de plek in o.15 diskus met 47,8m.
- Corné Cronjé behaal ‘n 8ste plek in o.17 verspring met 6,64m.
- Connie Nieuwoudt behaal ‘n 4de plek in o.19 hamergooi met 50.71m (PB).
- Malcolm Lamont behaal ‘n 7de plek in o.17 hamergooi met 46,2m.
Ses van die atlete wat vir die Boland ASA-span gekies is, gaan in Potchefstroom deelneem vanaf 28 tot 30 Maart. Sterkte aan hierdie seuns!
- Renaldinho (Rennie) Swarts o.18 100m
- Yuvrah George o.16 300mh
- Corné Cronjé o.18 verspring
- JC Nothnagel o.20 spiesgooi
- Jayden de Klerk o.16 diskus
- Jayden Brits o.16 100mh
Welgedaan! Julle het Boland Landbou se naam hoog gehou. Die skool is trots op elkeen van julle.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf