)

Hokkie Kaptein – Ontmoet Anika Steyn van Hoërskool De Aar

Hokkie Kaptein. In ons gewilde reeks oor sportkapteins, gesels Schools That Rock vandag met Hoërskool De Aar se kaptein van die 1ste dogters hokkiespan, Anika Steyn. Anika behaal die elfde doel in ons reeks oor dogters Hokkie Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika en Namibië.

“Ek het hokkie begin speel op die ouderdom van 7. Dit was toe ek in Graad 1 was. Ek het ‘n groot passie vir sport en geniet alle spansportsoorte. Ek het hokkie begin speel omdat dit vir my so lekker gelyk het om saam met my maatjies te speel en die wedstryd te geniet.

My grootste hokkie-held is Luciana Aymar. Sy staan ook bekend as die “Maradona” van hokkie. Luciana het agt keer die FIH player of the year awards gewen. Verder het sy het ook bygedra tot twee goue Olimpiese medaljes vir Argentinia.

Die posiie wat ek tans speel, is “Left Forward” en het al vantevore ook “Centre Forward” of selfs “midfielder” gespeel.

Die eerste keer wat ek die voorreg gehad het om as Hokkie Kaptein verkies te word, was in 2023. Ek dink die grootste taak van kaptein wees is om veral ‘n voorbeeld te stel vir jou span. Dit is ook belangrik om te verseker dat almal gemotiveerd bly. Hulle moet ook die opponente respekteer en dan natuurlik ook elke oomblik van die wedstryd geniet. Dit is ook baie belangrik dat die kaptein die span opbou en saam te werk om foute wat gemaak word reg te stel. Om bekend te staan as ‘n goeie hokkiespeler, is dit natuurlik baie belangrik dat jy beskik oor goeie sportmangees. Jy moet ook respek hê vir die wedstryd en beslis ook goeie dissipline kan handhaaf.

Inspirasie

Ek glo dat, wat my elke keer inspireer wanneer ek op die hokkieveld stap, die talente is wat God aan my gegee het en om dit ten volle te benut. My span inspireer my ook omdat ek altyd iets nuuts leer by hulle in elke wedstryd. Dit maak my ook opgewonde om die volgende wedstryde aan te pak.

My lekkerste wedstryd sover was beslis toe ek die voorreg gehad het om saam met my sussie, Marieké, haar laaste wedstryd te kon speel. Sy was ook die kaptein van die span. Ek het so baie by haar geleer en dit was vir my ‘n groot voorreg om saam haar te speel en soveel te kon leer. Die wedstryd wat ek nie wil onthou nie – sjoe, ek dink ons span het al redelik wedstryde agter die rug wat ons van wil vergeet. Wat ek wel kan sê is dat ons so baie daaruit geleer het. Ons werk steeds aan ons foute wat alreeds verbeter het. Ek het ook deur ons foute geleer dat jy nie altyd kan wen nie. Jy moet ook kan verloor want dit is deel van die sport. Solank ek dit geniet het en my beste gegee het, is ek steeds ‘n wenner.

Dit is verseker moeilik om soms die druk te hanteer, veral as dit ‘n belangrike wedstryd is om te wen, soos byvoorbeeld ‘n liga-finale. Ek hanteer dit egter die beste deur net ‘n oomblik  diep asem te haal  en te konsentreer op die wedstryd en my span. Daarmee saam moet ons ook ons beste gee!

Motivering

As Hokkie Kaptein motiveer ek my span deur hulle foute op ‘n mooi manier uit te wys en dan ook vir hulle raad te gee oor hoe om die foute reg te stel. Ek wys hulle egter nie net op hul foute nie, maar ek prys hulle ook as hulle iets goed doen tydens die wedstryd. Dit bou hulle selfvertroue op en help hulle ook om aan te hou.

My huidige top 5 prioriteite is om goeie matriekuitslae te behaal, om keuring by ‘n universiteit te kry, om my drome na te jaag en om ‘n sukses te maak in alles wat ek aanpak.en ook om terselfdertyd die mooi van die lewe te geniet.

My raad aan hokkie-beginners is dat jy nooit moet ophou om te probeer nie. Geen mens klim net op ‘n fiets en weet hoe om fiets te ry nie. Met oefening is dit wel moontlik. “Practice makes perfect”. Jy kan dit doen en jy gaan sukses bereik!

Ek dink dat ek na skool beslis sal voortgaan om hokkie te speel want ek geniet hokkie vreeslik baie. Ek sal graag op universiteit deelneem vir die genot daarvan. Indien dit vir my bestem is om op ‘n provinsiale vlak hokkie te speel, sal ek voortgaan daarmee.

Hoogtepunte

Hoogtepunte wat ek die afgelope vyf jaar beleef het, is dat ek al vanaf Graad 4 Noord-Kaap tennis speel. Ek was ook in Graad 10 en Graad 12 gekies vir die Noord-Kaap platteland span. Verder was ek was ook in 2022 tot 2024 gekies om na Nederland te toer vir hokkie. Dit is beslis vir my die hoogtepunte wat uitstaan in my sportloopbaan. Ek het ook ander belangstellings buiten hokkie. Ook geniet draf vreeslik baie en doen dit in my vrye tyd. Ek speel ook graag tennis.

As ek nou moet sê wat ek dink my afrigter en spanmaats my sal beskryf, dink ek hulle sal my beskryf as iemand wat goeie sportmangees het en wat altyd positief is. Ek sal ook die glas altyd half vol, as half leeg sien.

Ek kyk vreeslik op na ons afrigter, Juffrou Burger, as my rolmodel. Sy het ‘n groot passie vir die sport en ek leer elke dag iets nuut by haar. Sy het ‘n groot liefde vir die sport en dit is aansteeklik. Haar glimlag en mooi woorde na elke wedstryd inspireer ons om net nog harder te werk. Juffrou Burger sien ons potensiaal raak en motiveer ons ook om ons beste te gee.

As ek ‘n professionele hokkiespeler kan kies om saam met my koffie te drink, sal dit Pietie Coetzee wees. Sy het uitstekende kennis van hokkie en het al ons land verteenwoordig in hokkie.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hsda.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal