InIMC. Hoërskool Jim Fouché leerder, Lineé Lubbe, het bewys dat wiskunde nie haar baas is nie. Sy het gekwalifiseer om vanaf 26 tot 31 Julie aan die Indian International Mathematics Competition (InIMC) 2024 deel te neem. Lineé is een van slegs sestien leerders wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig by die kompetisie. Dit word aangebied by die City Montessori School, Gomti Nagar Campus-Iin Lucknow, Indië.
Tydens die kompetisie gaan Internasionale jong kritiese en analitiese denkers meeding in vriendelike wedywering om Wiskundige Uitdagings op te los.
Die doel van die InIMC kompetisie:
- Om ‘n internasionale wiskundekompetisie vir sleutelfase II (Hoër Primêre Vlak) en sleutelfase III (Laer Sekondêre Vlak) studente te organiseer.
- Om ‘n akademiese atmosfeer te skep om onderwysers en studente te motiveer om die onderrig en leer van wiskunde te verbeter. Die klem val op die ontwikkeling van hoër-orde denkvaardighede.
- Om netwerke met internasionale opvoedkundige organisasies te vestig vir die ontwikkeling van onderrig en leer van wiskunde.
- Om jong wiskundiges uit deelnemende lande geleenthede te bied. Dit is om in ‘n vriendelike omgewing met mekaar te kommunikeer terwyl hulle wiskunde-kennis en kulturele ervarings deel.
- Om idees te verskaf oor hoe om die skool-wiskunde kurrikulum op te gradeer. om op gelyke voet met internasionale standaarde te wees.
- Om wiskunde-onderwysers en ouers van begaafde studente ‘n internasionale forum te bied om idees vir beste praktyk uit te ruil vir die verbetering van die onderrig van wiskunde.
- Om onderwysers te ontwikkel en hulle te bemagtig met die selfvertroue en vaardighede. Dit is nodig om probleem-oplossing in hul daaglikse wiskundelesse aan te leer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








