SA Nas Junior swemkampioenskap. Kate-Lynn Kruger se uitnemendheid in die water.
By die SA-Nasionale Junior-swemkampioenskap (SANJ), wat van 21–25 Maart 2026 by die Newton Park-swembad in Gqeberha aangebied is, het Kate-Lynn Kruger haar naam met trots op nasionale vlak gevestig.
Hierdie gesogte byeenkoms bring die land se voorste junior swemmers bymekaar. Om hier deel te neem, getuig reeds van uitsonderlike toewyding en talent.
Kate-Lynn het in 7 individuele items deelgeneem en in elkeen ’n persoonlike beste tyd (PB) behaal – ’n merkwaardige prestasie! Teen die land se sterkste mededingers het sy uitgestaan:
- Sy behaal die 3de plek in die 200m borsslag, waar sy haar tyd met ’n indrukwekkende 7 sekondes verbeter het
- In die 200m wisselslag en 100m borsslag behaal sy vierde plekke.
Haar prestasie is ’n toonbeeld van harde werk, fokus en deursettingsvermoë.
’n Opregte woord van dank aan Coach Andrew van PEA Swemklub vir sy toegewyde leiding en ondersteuning – selfs op ’n afstand. Jou insette maak ’n tasbare verskil.
Die skool is ongelooflik trots op Kate-Lynn – ’n inspirerende voorbeeld van wat moontlik is wanneer passie en toewyding hande vat!
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








