SA Junior Tenniskampioenskappe. Die SA Junior Tenniskampioenskappe, aangebied deur TSA, het gedurende die afgelope skoolvakansie in Bloemfontein plaasgevind.
Elf Paul Roos-tennisspelers het op grond van hul TSA- ranglysposisies aan die gesogte toernooi deelgeneem, nl:
- Leonardo Sola en Echard de Kock – o.18
- Willem de Waal, Pieter Kotze, Hanno Bouwer, Simeon Roothman, Sebastian Oosthuizen en Marcel Joubert – o.16
- Nicolas Lourens, Luke Verwey en Zach Jooste – o.14
Baie geluk aan Leonardo Sola en Echard de Kock wat die Dubbels-afdeling van die Goue afdeling gewen het.
In die opwarmingstoernooi, voor die kampioenskappe, het Pieter Kotze die o.16-finaal vir enkelspel gehaal en die dubbelstitel gewen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf