SA Junior Tennis Kampioenskappe. Nege Paul Roos-tennisspelers het vanjaar gekwalifiseer vir die SA Junior Tennis Kampioenskappe. Die kampioenskappe word elke jaar in Bloemfontein deur Tennis Suid-Afrika aangebied.
Slegs die top-64 spelers in elke ouderdomsgroep word genooi en kwalifiseer om aan dié gesogte toernooi deel te neem.
Die uitslae van PRG se spelers is soos volg:
Seuns o.18:
- Willem de Waal: 7de
- Pieter Kotze: 17de
Seuns o.16:
- Hanno Bouwer: 4de
- Marcel Joubert: 16de
- Luke Verwey: 18de
- Sebastian Oosthuizen: 35ste
Seuns o.14:
- Tristan van der Merwe: 9de
- Dawid Fourie: 15de
- Christian Oberhofer: 41ste.
Tydens die Super 8-toernooi het die PRG-seuns soos volg gevaar:
Seuns o.18:
- Pieter Kotze: 2de
Seuns o.16:
- Hanno Bouwer: 3de
- Zach Jooste: 19de
Seuns o.14:
- Tristan van der Merwe: 1ste
- Dawid Fourie: 2de
- Christian Oberhofer: 33ste.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf