Mej Junior SA 2024. Monet Meyer, matrikulant van C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het nóg ’n skoonheidstitel agter haar naam geskryf, Mej Junior SA 2024.
Monet is einde Maart as Mej. Junior Suid-Afrika gekroon. Modelle tussen die ouderdomme 18 en 21 kon in hierdie afdeling inskryf. Monet sou Suid-Afrika volgende maand in Turkye by die Mej. Junior Heelal kon verteenwoordig, maar sal weens haar akademiese verpligtinge dit moontlik eers in 2025 kan bywoon.
As deel van haar toekenning sal sy ook oor die volgende 12 maande by gemeenskapsprojekte betrokke wees. Monet het al ’n klompie skoonheidskompetisies gewen, maar beskryf hierdie as haar grootste een tot dusver.
Sy het ook met drie toekennings weggestap: Beste loopplankmodel, beste onderhoudvoering en beste onderhoudsdrag.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf