SA Junior Swemkampioenskappe. Hoërskool Durbanville Swemspan blink uit by SA Junior-kampioenskappe.
Durbies se swemmers het die skool se naam met trots hoog gehou tydens die Suid-Afrikaanse Junior Swemkampioenskappe, wat van 21–25 Maart 2026 in Gqeberha plaasgevind het. Die span het puik presteer en hul talent in die swembad ten toon gestel.
Uitslae
Marike Raimond (16 jaar)
- 1500m Vryslag – 5de
- 800m Vryslag – 7de
- 400m Vryslag – 10de
- 200m Vryslag – 15de
- 200m Rugslag – 20ste
Anieka Louw (15 jaar)
- 1500m Vryslag – 10de
- 800m Vryslag – 16de
- 100m Vlinderslag – 15de
- 200m Rugslag – 20ste
- Aflosse:
- 4x100m Meisies Vryslag – 5de
- 4x100m Meisies Wisselslag – 7de
- 4x100m Gemengde Vryslag – 8ste
- 4x100m Gemengde Wisselslag – 13de
Anja de Villiers (14 jaar)
- 50m Vryslag – 6de
- 200m Rugslag – 6de
- 400m Vryslag – 16de
- 100m Rugslag – 13de
- 100m Vryslag – 14de
- 50m Rugslag – 10de
Anna Horn (13 jaar)
- 50m Borsslag – Goud
- 100m Borsslag – Goud
- 200m Borsslag – Goud
- 400m Wisselslag – 8ste
Mia Jansen van Rensburg (13 jaar)
- 200m Vlinderslag – 7de
- 200m Vryslag – 19de
- 100m Vryslag – 19de
- 400m Wisselslag – 11de
- 50m Vlinderslag – 12de
- 100m Vlinderslag – 8ste
Jenna Joyce (13 jaar)
- 50m Vlinderslag – 9de
- 400m Wisselslag – 10de
- 50m Borsslag – 11de
- 100m Vlinderslag – 14de
- 200m Borsslag – 14de
- 100m Borsslag – 16de
Die Durbanville-span het met hul harde werk en deursettingsvermoë gewys dat hulle kan meeding teen die land se beste jong swemmers. ’n Spesiale vermelding aan Anna Horn wat drie goue medaljes verower het – ’n uitmuntende prestasie!
Hoërskool Durbanville is trots op elke deelnemer en sien uit na nog vele oorwinnings in die toekoms.
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









