Rekordgetal kwalifiseerders – Hoër Meisieskool Oranje spog met ‘n rekordgetal kwalifiseerders in atletiek. Oranje se baan- en veldatlete het weer bewys dat hulle ’n krag is om mee rekening te hou. ’n Rekordgetal kwalifiseerdes van 18 atlete gaan die komende naweek in Germiston deelneem. Vyf meer as verlede jaar, het gekwalifiseer vir die Nasionale o.16-, o.18-, o.20- en o.23-byeenkoms.
Die skool se naam is reeds gevestig op die nasionale toneel. Verlede jaar het Klara van Wyk, Mienke Botha, Danyelle Pienaar, Karla Kock en Rumé Burger medaljes huis toe gebring. Nou is die span selfs groter en sterker, met ’n indrukwekkende verskeidenheid items waarin hulle gaan meeding. Die span sal deelneem aan naellope, hekkies, gewigstoot en hamergooi.
Die 18 sterre-atlete is:
- Mienke Botha – 400 m & 400 m-hekkies
- Chani Britz – 400 m & 800 m
- Lilly Burger – 200 m & 100 m-hekkies
- Rumé Burger – 100 m & 200 m
- Elizabeth Fick – 400 m
- Beila Groenewald – 300 m-hekkies
- Rouvé Janse van Rensburg – 400 m & 800 m
- Karla Kock – diskus & gewigstoot
- Iske le Roux – diskus
- Talita Louw – 100 m & 400 m
- Mienje Momberg – 200 m & verspring
- Danyelle Pienaar – 400 m & 400 m-hekkies
- Taylor Reinders – 1 500 m & 3 000 m
- Annika Saayman – diskus, gewigstoot & hamergooi
- Aninka Strauss – 100 m-hekkies
- Annelize van der Merwe – hoogspring
- Klara van Wyk – verspring, 90 m-hekkies & 100 m
- Carmond Ziegler – 100 m, 200 m & 400 m
Met soveel talent op een plek is die verwagting groot dat Hoër Meisieskool Oranje se atlete weer sterk gaan presteer en die medaljetafel kleurvol gaan vul.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








