)

Radikale Redenaarskompetisie – Laerskool Stulting

Radikale Redenaarskompetisie – Laerskool Stulting se sterre skitter!

Die jong redenaars van Laerskool Stulting in Humansdorp het onlangs hul stemme laat tel by die Oos-Kaap streeksfinaal. Hulle het aan die landwye Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem. Hierdie opwindende byeenkoms bring jaarliks top redenaars van regoor die provinsie bymekaar. Hierdié keer was Stulting beslis ‘n krag om mee rekening te hou.

Met groot trots kondig Laerskool Stulting die volgende leerders aan wat met selfvertroue en passie hul toespraak gelewer het tydens die Radikale Redenaarskompetisie:

  • Amé Spangenberg
  • Annemie Botes
  • Beth Geldenhuys
  • Elzé du Plessis
  • JC Vermaak
  • Lika Vermaak
  • Miecke Troskie
  • Xaiden Lippert
  • Xander Troskie

Elke een van hierdie briljante sprekers het dit reggekry om in die top vyf van hul onderskeie kategorieë te eindig. Dit is ’n ongelooflike prestasie wat harde werk, voorbereiding en pure talent weerspieël.

Wat dié prestasie nóg indrukwekkender maak, is dat Amé Spangenberg gekies is om aan die Nasionale Finaal deel te neem. Dit vind in Oktober in Boksburg plaas. Hierdie byeenkoms is die hoogtepunt van die seisoen, waar die land se beste redenaars meeding om die kroon.

Die hele skool en gemeenskap is ongelooflik trots op hierdie redenaars. Hulle het nie net die Laerskool Stulting se naam laat weerklink nie, maar ook bewys dat jong stemme ‘n kragtige impak kan hê.

Baie geluk aan elke deelnemer, julle inspirasie en deursettingsvermoë laat vonke spat!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.stulting.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal